English Afrikaans Nederlands Français
Tuis
Fasiliteite
Kamers & Kostes
Kos
Kaart
Kontak
Fotos
Gasteboek
Skakels
Oudtshoorn
Responsible Tourism Policy

Een van die voorste Klein Luukse Hotels in Suid-Afrika en die beste keuse vir u verblyf in Oudtshoorn.

Hlangana Lodge is 'n vier ster luukse gastehuis op meer as 'n hektaar se pragtuine, en is geleë aan die buitewyke van Oudtshoorn, op pad na die Kango grotte.

Die naam "Hlangana" is 'n Xhosa-woord wat "saamkomplek" beteken. Mense kom vanuit alle hoeke van die wêreld by hierdie spoghotel bymekaar om 'n "samekoms" van 'n ander soort te beleef – die konsentrasie van seker die grootste verskeidenheid toerisme-aantreklikhede in Suid-Afrika.

Hlangana Lodge bied die hoogste vlakke van luuksheid en diens. Dit is uitstekend geleë om as 'n basis te dien vanwaar jy Oudtshoorn en die omliggende gebied kan verken.

Hlangana Lodge bied die hoogste standaarde van luukse en diens. Dit is uitstekend geleë om as 'n basis te dien vanwaar jy Oudtshoorn en die omliggende gebied kan verken.

En verken is ‘n moet, want daar is baie om te beleef: die asemrowende Kango Grotte, volstruis skouplase, skaars wildsoorte, unieke fynbos- en vetplanthabitatte, 4x4- en bergfietsroetes, warmlugballonvaarte, geskiedkundige bergpasse, pragtige besigtigingsroetes en historiese geboue.

Voeg daarby Oudtshoorn se unieke atmosfeer, die gasvryheid van sy mense, die beroemde Klein Karoo kombuis en goeie wyn, en jy sal begin besef dit is die ideale plek om ‘n blaaskans te neem.

Die gasvrye ontvangs, 24-uur diens en algehele luuksheid wat jy by Hlangana sal aantref, sal jou verblyf by ons ‘n onvergeetlike hoogtepunt van jou verblyf maak.

  • 2010 AA awards finalist in the category:
    Luxury Lodge of the year in South Africa!
  • Intyds beskikbaarheid & bepreking
  • Gratis wi-fi "hotspot" op beide skootrekenaar en selfoon.

Copyright © 2010  ::  Hlangana Lodge  •  Site by:  WebWorX